Taal is iets waaroor ons sterk voel by FUNDAmental SKILLS, soos vorige blogs duidelik behoort te maak. Gister verskyn daar 'n retweet op ons tydlyn wat lei na 'n opinie, gepos in "Taal", van Johan Swarts oba @gormendizer. Die kern van die artikel was die argument dat om te beweer dat Afrikaans n Afrika-taal is, in die konteks van "everyone must learn an African language", ten beste niksseggend en ten slegste foutief is. Die argument word gestaaf met soliede linguistiese bewyse en is natuurlik heeltemal wetenskaplik korrek as dit slegs op linguistiese klassifikasie gebaseer is.
Die artikel voer aan dat as die stelling "Afrikaans is 'n Afrika-taal" polities is, dit slegs triviaal korrek is. (Daar bestaan goeie Afrikaanse woorde vir "triviaal"!) Dit is hier waar ek effens van gormendizer verskil. Dit is nie "triviaal" korrek nie, dit is polities BEDUIDEND korrek, en dié wat nog altyd breinloos "die taal van die verdrukker" jammer behoort onmiddellik daarvan kennis te neem.
'n Opsomming van die ontstaan van Afrikaans (vir wie dit verbygegaan het):
Jan van Riebeeck et al het vir hulle aanvanklike werkgewers, die VOC, 'n proviandstasie aan die Kaap gevestig. Die plaaslike bevolking, naamlik die Khoi-khoi, was nie beskikbaar as arbeid nie en kon, volgens die verwronge Christelike geloof van die nedersetters, nie "verslaaf" word nie omdat hulle van plaaslike oorsprong was. Daar was egter geen beswaar teen slawerny in die algemeen nie, en slawe kon van ander VOC-plekke ingevoer word. En hulle is toe ook ingevoer: vanaf Indië, Maleisië, Madagaskar, Oos-Afrika en Wes-Afrika, in verskillende getalle.
Die slawe is in die Slawehuis gehuisves, sowel as op die plasies en in huishoudings van die nedersetters, wie se taal die Nederlands van daardie tyd was - nogal verskillend van die gestandaardiseerde "hoog-Hollands" van vandag.
Die situasie was ideaal vir die ontstaan van 'n pidgin: 'n kontaktaal met beperkte toepassing. Werkgewers wou bevele gee, slawe en ander werknemers moes belangrike inligting meedeel, die slawe kon mekaar nie verstaan nie en moes ook noodgedwonge kommunikeer; die nedersetters, meestal mans, moes met hulle slawe-houvroue (EN Khoivroue!) sekere lewensbelangrike woorde wissel.
Die kenmerke van 'n pidgin sluit gewoonlik 'n beperkte woordeskat van die brontaal in, met 'n baie vereenvoudigde grammatika. Partymaal is die grammatika van die nuwe pidgin gebaseer op dié van die substratumtale, naamlik dié wat NIE die hoofwoordeskat verskaf nie, en wat minder sosiale aansien geniet en dus nie wensbaar as 'n teikentaal is nie. In die geval van die pidgin aan die Kaap was dit nie werkbaar nie omdat daar so baie substratumtale was, en die grammatika, "such as it was", was van vereenvoudigde Germaanse struktuur.
'n Pidgin verander van status en word n kreool wanneer dit as moedertaal gepraat word. Die Kaapse pidgin is alreeds in meer as die gewone beperkte omstandighede gebruik, en kinders van gemengde afkoms (verskillende kombinasies...)is gou gebore en het gepraat wat hulle om hulle gehoor het. Binne minder as tweehonderd jaar is die kreool Afrikaans gevestig as die voertaal van die Kaap, en veral van die gemengde slawegemeenskap en hulle vry afstammelinge. Soos die areas van toepassing uitgebrei het, het die woordeskat en grammatikale ingewikkeldheid ook uitgebrei, met die gevolg dat ons vandag 'n volwaardige taal het wat nog steeds dinamies is en neologismes kan genereer (Nederlands het lankal opgehou probeer en inkorporeer amper nog net Engelse en Franse leenwoorde).
Die eerste boek in Afrikaans is in die laat 1850's (ek moet die datum net weer bevestig) in ARABIESE skrif uitgegee deur die gemeenskap van die Bo-Kaap en in Turkye gedruk. Die wit gemeenskap kan geen krediet aanvaar nie! Soos die latere, meer bekende geskiedenis van Afrikaans wys, was die wit gemeenskap besonder hardkoppig gekant teen die erkenning van die feit dat hulle dieselfde voertaal as die slawe- en vermengde Khoi/Nederlands/slawegemeenskap gepraat het, en het dit Totius en ouens met name soos Pannevis geverg om erkenning vir Afrikaans te kry.
Die verskil tussen 'n kreool en n "taal" kan amper altyd in eenhede van politieke mag gemeet word. Eers in 1925 het Afrikaans die status van amptelike taal gekry, en die res weet ons almal.
Die punt van die relaas, op hierdie stadium en ter verduideliking van my verskilletjie van gormendizer is dus: Afrikaans is baie definitief en beduidend, polities en geskiedkundig, n Afrikataal. Dit behoort aan die bevolking wat hier tot stand gekom het. Dit het eerste, en met trots, aan nie-blanke sprekers behoort. Dit is 'n politiese en sosiale tragedie dat dié wat dit eerste gepraat het en hulle identiteit daarop gebou het, dit in "droves" agterlaat omdat 'n paar klipkoppe dit lomp aangewend het om hulle magsposisie te probeer bewys en verstewig. 'n KLIP IN DIE BOS: dié wat aan hierdie groep behoort, onthou: JULLE HET JULLE ERFENIS EN IDENTITEIT AAN 'N PAAR KLIPKOPPE OORGEGEE.
Die voorafgaande hopelik interessantheidshalwe. Ons weet presies waarna gormendizer verwys, en wat hy nie so wou uitspel soos ek dit nou gaan uitspel nie:
Die "disingenuous" "Afrikaans is ook 'n Afrikataal"-kreet kom gewoonlik van mense wat eenvoudig nie kan vrede maak met die feit dat ons in Afrika leef en dat wit Afrikaners uiteindelik moet aanpas en integreer nie. Dieselfde mense WIL net nie 'n (linguisties-geklassifiseerde) Afrika-taal leer nie omdat hulle (1) nie kan nie (2) regtig onder die indruk verkeer dat Afrikatale op 'n manier minderwaardig is en nie so ryk aan uitdrukkingsvermoë of grammatiese kompleksiteit soos Europese tale is nie. Hierdie mites word natuurlik oor en oor herhaal deur klipkoppe wat hoegenaamd geen kennis van linguistiek het nie, hoegenaamd geen kennis van genetika en antropologie het nie, en wat nog steeds glo in die 19de-eeuse mites van rasgebaseerde meerderwaardigheid van Europeërs.
As daar enige ingryping van regeringskant in die inhoud van taal- en geskiedenishandboeke in staatskole is, wat oor die algemeen onwenslik is en tot vergrype en propagandaverspreiding kan lei, sou dit nuttig wees om seker te maak dat die taalgeskiedenis van die land - nie net van Afrikaans nie - akkuraat en intelligent aangebied word sodat ons kinders 'n duidelike beeld van 'n hulle erfenis kan hě en verhoudings kan bou gebaseer op wedersydse respek vir die kulturele rykdom wat ons SAAM daarstel. Dan hoef niemand hulle identeit uit skaamte te verloën nie, niemand hoef op enigiemand anders neer te kyk nie, en almal se begrip, verwysingsraamwerk en waardering vir mekaar kan uitgebrei word. 'n Ware en waardige nasiebou-poging.

No comments:
Post a Comment